Mis (musiek)

Missa Virgo paren Christi deur Jacobus Barbireau.

Die mis (Latyn: missa), ’n tipe heilige musikale komposisie, is ’n toonsetting (gewoonlik vir koor en soliste) van die vasgestelde gedeeltes van die Eucharistiese liturgie (hoofsaaklik die Katolieke Kerk se Heilige Sakrament van die Altaar, en die Anglikaanse Nagmaal en Lutherse Kerk se Nagmaal). Die meeste misse is toonsettings van die Latynse liturgie van die Rooms-Katolieke Kerk, maar daar is 'n groeiende aantal misse (veral in niekatolieke lande) wat in ander tale as Latyn gekomponeer word. Daar is byvoorbeeld baie misse (dikwels genoem "Communion services", of "nagmaaldienste") vir die Kerk van Engeland wat op Engelse tekste getoonset is. Toonsettings van die mis neem ook hul naam uit die Rooms-Katolieke liturgie, wat ook na "mis" verwys.

Misse kan onbegeleid (a cappella) wees – dit wil sê sonder onafhanklike instrumentale beleiding – of dit kan deur obbligato-instrumente en selfs ’n volledige orkes begelei word. Verskeie misse, veral latere misse, is nooit bedoel om tydens ’n werklike mis uitgevoer te word nie, byvoorbeeld J.S. Bach se mis in B-mineur.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search